top of page

Gids interview in Afrikaans


Hi Chris hoe word je een erkende gids in Zuid-Afrika?

Hallo julle. Daar is twee tipes gidse in Suid-Afika. Een is n Natuur gids wat leer van die veld en diere en dan is daar n kultuur gids wat meer spesialiseer in die verskillende kulture sowel as die geskiedenis van Suid- Afrika se 9 provinsies. Al twee die rigtings het hulle eie kursusse wat jy moet voltooi, en ja, jy kan albei doen en wees. Wanneer die kultuur gids in al 9 provinsies gespesialiseer is, noem ons hom/haar ‘n Nasionale gids.

Jy moet ook ‘n noodhulp kwalifikasie he. Die grootste stap en die laaste stap, moet jy by die department van toerisme registreer as n gids, in die provinsie waarin jy woon. Hulle gee vir jou n naam plaatjie en ‘n kaart om rond te dra, sodat jy kan bewys dat jy geregistreer is.

Dan mag jy begin gids!!!


Gids jij in heel Zuid-Afrika?

Ja… Ek is n Nasionale Gids in Suid- Afika, en dit beteken ek mag in al 9 ons provinsies in Suid-Afrika gids. Ek gids al vir 10 jaar in Suider Afrika. Ek het begin toere lei n maand voor die 2010 Wold cup.


Jij hebt reeds enkele van onze private groepjes gegidst - met héél enthousiaste reacties van onze klanten. Wat is je geheim?

Passie vir die land, sy diverse mense, landskap en natuur is ‘n groot dryfkrag vir wat ek doen. Ek geniet om dit vir mense te wys en hulle daarvan te leer. Wanneer mense dink aan Afrika, dink hulle aan wilde landskap, en mooi rooi sonsondergange en ek is passievol om vir hulle die avontuur in die Suidelike punt van hierdie ongelooflike kontinent te laat ervaar.


Hoeveel personen kunnen er in jouw eigen minibus mee?

Ek kan tot 7 mense in my bus akkomodeer en ek bestuur gewoonlik self. Die bussie is geregistreer vir 9 mense maar ek vind dit is te krap vir almal. So ons vat eintlik net 7 gewoonlik.


Kunnen klanten zelf bepalen wat ze willen bezoeken?

Ons het al voorheen toere gedoen wat ons saam met die mense self sit en die toer beplan, sodat ons almal op die selfde bladsy is (dezelfde golflengte) oor wat ons gaan doen en waarheen ons gaan. Op baie van ons toere is daar vryetyd en gedurende daardie tyd, as daar iets is in die omgewing wat hulle wil gaan sien, sal ek hulle deur vat daai kant toe.


Raad je tijdens een trip bepaalde restaurants en winkels onderweg aan?

In baie van die areas slaap ons oor in dorpe wat ek goed ken, oordat ek al vir omtent 10 jaar toere doen. Dus is baie van dit self uitgetoets en weet ek wie is goed. Daar is ook ander gidse wat ek ken en weet hulle ken die areas goed, so dan sal ek kers op steek by hulle as hulle die area beter ken as ek. Ek het ook al in die verlede vir die ‘locals’ gevra, veral die akkomodasie eienaars, waar hulle voorstel ‘n mens iets te ete en te drinke moet kry.


Tenslotte: wat is het grappigste dat je als gids hebt meegemaakt?

Dis altyd ‘n moeilike vraag om te antwoord… Een storie wat ek met julle kan deel het een oggend vroeg in Botswana op safari plaas gevind. Ons het die aand in klein hut huisies gebly. Die spesifieke huisies het buite storte (douches) gehad wat oop is bo, sodat jy die sterre in die aand kan sien. Die oggend is ek vroeg op, en wou gou klaar stort voor ek die mense sien die oggend en ons dag begin. In die middel van die stort raak my water op. Ek het gedink die water het op geraak, maar toe ek op kyk staan n groot olifant bul (mannetjesolifant) langs die stort se muur en drink my stort se water met sy slurp…

Ek het myself maar toe so klein as moontlik gemaak in die hoek van die stort en die kraan van die stort toe gedraai. Toe die water opraak het die olifant verveeld geraak en verder geloop en kon ek die seep afwas.

Dit is n ondervinding wat my vir altyd sal by bly.

 
 
 

Комментарии


bottom of page